Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Vroue toon staal op die gholfbaan

Carina Theron is na afloop van die Vrystaatse seniorvrouegholf­kampioenskap as die wenner vir 2020 aangewys.

Sy het ’n algehele telling van 172 behaal.

Die kampioenskapsbyeenkoms is die afgelope naweek (08/02 en 09/02) op die Bethlehem-gholfbaan beslis.

Saterdagoggend het spel laat begin weens die reën en Sondag was die weer heerlik.

Altesaam 12 spelers het in die ouderdomsgroep 50 tot 59 jaar deelgeneem, 10 in die ouderdomsgroep 60 tot 69 jaar en 4 in die ouderdomsgroep 70 plus.

Janice Brownlee het in die ouderdomsgroep 50 tot 59 met ’n totaal van 175 gewen.

In die ouderdomsgroep 60 tot 69 was Carina Theron eerste, met Marieta Cawood tweede.

Die 70 plussers het nie klaargemaak nie.

Louise Hattingh (50 tot 59) het die trofee vir die beste gholf volgens voorgee gespeel, asook die beste Stableford-speler, ontvang.

Marieta Cawood het die beste gholf volgens voorgee gespeel in die ouderdomsgroep 60 tot 69.

Marna Vorster was die beste Stablefordspeler op die eerste dag en Ronel Badenhorst op die tweede dag.

Brenda Oosthuizen het die prys ontvang vir die meeste gholf gespeel.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.