Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
VS-spanne in Bhm in aksie

Vir die eerste keer sedert 1991 sal twee provinsiale krieketspanne in Bethlehem teen mekaar meeding.

Die VKB Knights en die Vrystaatse senior provinsiale span gaan op Saterdag 25 Augustus op Bethlehem se skouterrein kragte meet.

Die Thabo Mofutsanyana-krieketunie, ’n affiliasie van Vrystaat Krieket, bied saam die dag aan.

Die doel is om krieket van ’n jong ouderdom af te bevorder, om ’n geleentheid vir ontwikkeling onder kinders te skep en ondersteuning vir talent te bied.

Die hoofwedstryd gee vir krieketliefhebbers die geleentheid om bekende spelers in aksie te sien.

Volgens Dawie Botha, voorsitter van die Thabo Mofutsanyana-krieketunie, gebeur só ’n geleentheid baie min omdat die VKB Knights se skedule so vol is.

Die wedstryd begin om 14:00 en neem die formaat van ’n 20-boulbeurttoernooi aan.

In aanloop tot die wedstryd sal mini-krieket vir alle gr. 1- tot gr. 3-leerlinge van skole in die distrik aangebied word.

Dit sal van 09:00 tot 13:00 plaasvind.

Altesaam 32 spanne gaan aan 16 wedstryde deelneem.

Elke speler sal die geleentheid kry om een boulbeurt te kolf en een boulbeurt te boul.

Toegang is gratis en almal is welkom om die geleentheid by te woon.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Vrystaat Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.