SWART-VRYDAG-AANBOD! Betaal slegs R9,99 vir die eerste twee maande as jy nou ’n intekenaar word. Spring gou!
Nuus
Vyf vas ná drie moorde

Altesaam vyf verdagtes is sover in hegtenis geneem nadat drie mense oor die naweek van 26 tot 28 Oktober in afsonderlike voorvalle in Reitz doodgesteek is.

Siphiwe Samuel Mphuthi (18) is kort ná ’n voorval in hegtenis geneem en het reeds Woensdag (31/10) in die landdroshof in Reitz verskyn vir moord op ’n 19-jarige man.

Lefa Thomas Nhlapho (22) is later aangekeer en het saam met hom verskyn.

Die twee mans word daarvan beskuldig dat hulle op Saterdagoggend 27 Oktober vir Lefu David Mofokeng (19) naby ’n taverne in Petsana doodgesteek het nadat ’n bakleiery tussen twee groepe mense uitgebreek het.

Kapt. Zweli Mohobeleli, polisiewoordvoerder, het gesê die polisie is dié Saterdag­oggend na ’n toneel in Petsana, Reitz, ontbied waar hulle die lyk van Mofokeng gevind het.

Hy het verskeie steekwonde gehad. Nog ’n betrokkene is in die arm gewond.

In ’n ander voorval is drie verdagtes Woensdag (31/10) in hegtenis geneem in verband met die moord op Bongani Ngubeni (28).

Volgens Mohobeleli is dié slagoffer op Saterdag 27 Oktober in ’n straatrooftog doodgesteek.

Sy selfoon is geroof.

Die verdagtes is vermoedelik tussen die ouderdom van 16 en 24.

Volgens Mohobeleli sal dié verdagtes binnekort in die hof verskyn.

In die derde voorval is Nkosana Samuel Mguni (29) op Sondagoggend 28 Oktober dood naby ’n taverne in Petsane gevind.

Niks is vermoedelik by hom geroof nie.

Nog niemand is in verband met die derde moord aangekeer nie.

Genl. maj. Jan Tsotetsi, bevelvoerder van die Bethlehem-polisiëringsgebied, sê hy het die ondersoekers aangesê om aan te hou werk totdat nog verdagtes in hegtenis geneem is.

Hy sê die inwoners van Petsana-Reitz kan die polisie vertrou om dié sake te hanteer.

“Ons vra vir kalmte, tyd en ruimte terwyl ons deurlopend werk om die ondersoeke af te handel,” sê Tsotetsi.

Hy sê ook dit is duidelik dat twee van die moorde die gevolg is van die misbruik van alkohol en onaan­vaarbare gedrag.

“Mense moet nou aktief betrokke raak by polisiëring deur hulle by die gemeenskaps­polisiëringsforum (GPF) aan te sluit sodat ons ons sigbaarheid verbeter en orde kan herstel,” sê Tsotetsi.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Vrystaat Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.