Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Wapens om koers te hou

Die Here gee vir ons wapens wat ons in die lewe, waar elkeen van ons soveel dinge beleef wat ons baie keer nie verstaan nie, koers laat hou.

In Die Boodskap-vertaling van 1 Korintiers 13:13 staan daar:

Tot daardie tyd kom, het ons drie belangrike dinge wat ons op koers moet hou: daar is die verhouding met God . . . (geloof).

Geloof is om aan die Here te bly vashou, al verstaan jy nie dit wat die Here oor jou pad bring nie.

Geloof is om te weet dat daar nie ’n enkele haar van jou kop sal val sonder die wete van die Vader nie. Geloof is dat daar nie ’n enkele mossie dood op die grond val sonder dat God daarvan kennis dra nie; hoeveel te meer nog wanneer sy kinders sterf.

Geloof gerig nie net op Jesus die gekruisigde nie, maar ook op die opgestane Heer. Hy wat opgestaan het, die oorwinning behaal het en so vir elke kind van Hom die deur oopgemaak het om vir ewig by Hom te lewe.

Geloof as die eerste wapen wat jou koers kan laat hou midde-in die raaisels van die lewe.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Vrystaat Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.