Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Water-optog vat vlam

Wat ’n vreedsame optog in Qwaqwa sou wees, het in gewelddadige oproer ontaard – veral ná die dood van ’n agtjarige meisie.

Verskeie mense wat Maandagoggend (20/01) in Qwaqwa moes gaan werk, het noodgedwonge omgedraai nadat geweld vroegoggend uitgebreek het. Verskeie paaie, waaronder die toegangspaaie na Qwaqwa, was met klippe en brandende bande versper.

Skole is ook weens die geweld gesluit.

Volgens AO Mmako Mophireng, woordvoerder van die polisie, sou inwoners ’n optog hou om die aandag daarop te vestig dat hulle nie betroubare watertoevoer het nie. Die waterkwessie duur al jare.

Noodmaatreëls is in November verlede jaar deur die departement van water en sanitasie (DWS), die departement van samewerkende regering en tradisionele sake (Cogta) en die Maluti-a-Phofung-munisipaliteit ingestel om die waterinfrastruktuur te herstel.

Van die maatreëls wat bekend gemaak is, is die verskaffing van water in tenks en die herstel van pype en pompe.

Binnelandse sake het verlede week aangekondig dat sy kantoor in Qwaqwa weens die waterkwessie gesluit is omdat mense nie die toiletgeriewe kan gebruik nie.

Volgens Mophireng het Mosa Mbele (8) verdrink toe sy en haar broer by ’n rivier gaan water skep het.

“Hierdie voorval het sake vererger en misdadigers die geleentheid gegee om die optog as vaandel vir misdaad te gebruik.”

In Phuthaditjhaba is ’n voertuig aan die brand gesteek, terwyl ’n drankwinkel geplunder is. In die sentrale sakegebied is verskeie besighede beskadig en geplunder.

Inwoners het dit ook ontgeld.

“Misdadigers het selfs huise begin plunder.”

’n Sterk polisieteenwoordigheid word gehandhaaf en teen Maandagmiddag was reeds 38 inhegtenisnemings gedoen.

Mophireng sê hoewel ’n groot gebied beveilig is, is daar steeds gebiede waar onrus heers. Die polisie sal voortgaan om inhegtenisnemings te doen.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.