Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Wees bedag op begrafnisreëlings

Wanneer ons die laaste afskeid van ’n geliefde moet trotseer, kan emosie dikwels die oorhand kry.

Ons besluitnemingsvermoë word hierdeur beïnvloed en dit kan die reëlingsproses bemoeilik.

Dit help egter om voorbereid te wees op die soort vrae wat die reëlingsbeampte sou vra tydens die begrafnisreëlings.

Dit is ’n groot hulp om bekend te wees met die oorledene se wense oor waar hul laaste rusplek moet wees. Praat dus met jou geliefdes en vind uit of hulle begrawe of veras wil word.

Sou hul ’n begrafnis verkies, sal dit in ’n nuwe graf wees, of ’n bestaande graf waar ’n geliefde reeds te ruste gelê is?

Indien hulle veras wil word, is daar die opsies om die as in ’n gedenkmuur by die kerk te plaas, op ’n gunsteling-plek te strooi of om die askissie by ’n geliefde se graf te begrawe.

Deur vooraf aan al hierdie kwessies aandag te gee, onnodige konflik en wroeging by gesinslede vermy word.

Daar kan ook vooraf besluit word of daar ’n besigtiging van die oorledene gehou gaan word of nie. Sou u wou hê dat u geliefde op ’n sekere wyse aangetrek moet word, kan daar vooraf op die klere besluit word wat dan betyds aan die ondernemer oorhandig kan word.

Daar is ook ’n aantal belangrike oorwegings wanneer daar ’n keuse gemaak word van watter ondernemer om te gebruik. Sou daar twyfel bestaan kan u verskeie ondernemers skakel en die volgende uitvind:

  • Is die ondernemer se pryse vir u bekostigbaar?
  • Word die begrafnisreëlings in ’n enkele sessie afgehandel op ’n plek wat u pas, byvoorbeeld by u huis?
  • Is daar versteekte koste of betaal u net die prys wat aanvanklik gekwoteer is?
  • Bied die betrokke ondernemer vier-en-twintig uur lank bystand en ondersteuning?

Indien u tevrede was met die terugvoer van die begrafnisondernemer en op een besluit het kan die reëlings getref word.

Tydens die reëlings sal die begrafnisondernemer u lei met die nodige vrae en voorstelle. Dit help indien u vooraf uitvind wie die persoon is wat met u die reëlings gaan tref, en om te versoek dat u deurentyd met dieselfde persoon werk.

U kan ook versoek dat daar vir u gewys of verduidelik word waar u geliefde geberg word. Dit neem onsekerheid weg en verminder die emosionele wroeging wat met ’n geliefde se laaste afskeid gepaard gaan.

Moet ook nie skroom om die ondernemer te vra vir hulp met ander sake nie byvoorbeeld die eis van begrafnispolisse, bereddering van die boedel, sielkundige berading vir bedroefde familie of die ontwerp van ’n fotovertoning vir die gedenkdiens.

Indien die ondernemer u nie self met hierdie aangeleenthede kan bystaan nie, sal hulle u na ’n kundige kan verwys.

Onthou om hierdie kwessies vooraf te oordink en met die reëlingsbeampte op te neem sodat u die nodige hulp en bystand doeltreffend kan ontvang.

Dit help dus om voorbereid te wees en ’n aantal kwessies, soos bespreek, uit te klaar voordat u begrafnisreëlings gaan tref. Moet nie skroom om vrae te vra nie en gee gerus vir die ondernemer terugvoer ná die diens.

Goeie voorbereiding kan baie help om die toekomstige reëlingsproses vir uself of iemand anders makliker te maak.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.