Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Wees die sout vir ander

Die wonderlike is dat ons Here God in sy alwysheid twee uiters gevaarlike elemente van die aarde, naamlik natrium en chloried, saamgevoeg het tot die uiters noodsaaklike en bruikbare middel vir die mens: sout. Sonder die regte hoeveelheid sout kan geen mens lewe nie.

Jesus kom sê in Matteus 5:13:

“Julle is die sout vir die aarde”.

Wat het Hy met hierdie stelling bedoel? Ander vertalings gee vir ons die antwoord:

“Julle moet net vir God leef. Julle moet soos sout wees wat kos laat lekker proe. Vertel vir ander mense van My.” (Nuwe Testament vir kinders)

“Julle is sout wat smaak moet gee aan hierdie smaaklose wêreld waarin almal in sonde leef.” (Die Boodskap)

“Julle is die sout wat die aarde ’n beter plek moet maak.” (Nuwe Lewende Vertaling)

Dus is ons sout vir die aarde en moet die lewe lekker maak vir ander. Nie die hele tyd met ’n suur gesig rondloop nie. Glimlag, help waar jy kan, geniet wat jy doen, luister na ander. Ons moet vir die ander mense wys dat ons kinders van die Here is. Ons moet ’n verskil maak. Net soos sout ’n verskil maak aan kos. Iemand het dit mooi gestel: Mense moet God kan proe in ons lewens.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Kontak Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.