Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Wees goed vir mekaar

Dink jou net in. Jy gaan laai jou kinders vroegoggend by die skool af. Julle het planne om ná skool ’n melkskommel te gaan drink en jy het reeds alles reggekry vir die middag se buitemuurse aktiwiteite.

En dan kry jy ’n oproep – jou kind het gesterf tydens ’n tragedie waar ’n loopbrug ineengestort het.

Vier leerlinge is oorlede in die Hoërskool Driehoek-tragedie in Vanderbijlpark.

Meer as 20 kinders het ligte tot ernstige beserings opgedoen. Intussen het dit aan die lig gekom dat een van die ernstig beseerdes van haar arms af ondertoe verlam is.

Ek kan my nie indink hoe die ouers, mede-leerlinge, skoolhoof en beheerliggaam van die skool moet voel nie.

Dit skep ’n warm gevoel om te sien hoe Suid-Afrikaners nog kan saamstaan deur gebedsgroepe te stig om vir die betrokkenes te bid.

Aan die anderkant is daar weer diegene wat onmiddellik haatdraend optree.

Een ding bly egter seker, as ek na die foto’s van blommekranse en getekende T-hemde kyk, besef ek jou lewe kan in ’n oogwink verander.

Die mense wat vir jou saakmaak is net vir ’n bepaalde tyd vir ons op aarde geleen.

Pas mekaar op. Moenie kwaad vir mekaar gaan slaap nie.

Maak seker jy gaan elke oggend op die regte voet uitmekaar.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.