Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Wees in elke situasie ’n goeie getuie

Dit sal vir julle ’n geleentheid wees om van My te getuig. (Lukas 21:13)

Lees die volgende verhaal en bepaal elke dag jou eie getuienis.

Jim Daly, voorsitter van die wêreldorganisasie Focus on the Family, skryf die volgende:

“Ek en ’n kollega was eenkeer vir die bediening op reis toe ons een middag by ’n huurmotor-agentskap moes aandoen. Wat gevolg het, kon net sowel ’n toneel uit Seinfeld gewees het.

“Die klerk het probeer verduidelik dat hulle wel die bespreking ontvang het, maar om die een of ander rede nooit vir ons ’n motor bespreek het nie. My reisgenoot, in wie se naam die bespreking gedoen is, was nie beïndruk nie.

“Die arme klerk het presies gehoor waar Dawid die wortels gegrawe het.

“Hoewel geen vloekwoord geuiter is nie, is die klerk nie met respek behandel nie.

“Hy het die vloedgolf egter meesterlik hanteer en belowe om ondersoek in te stel.

“Ná ’n oomblik sê hy: ‘O, julle werk vir Focus on the Family. Ek is mal oor daardie bediening.’

“My kollega se houding het onmiddellik verander. Botter kon skielik nie in sy mond smelt nie.

“Hy het die klerk stroopsoet bedank omdat hy na ons radio­uitsendings luister. Ek het nie geweet waar om my kop in te steek nie.”

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.