Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Weldoener ter ruste gelê

Dr. Sanet de Bruyne (54) is op Sondag 22 September oorlede.

De Bruyne het die Sondag­oggend haar kleinkind, Jandré Botha, na sy oupa Philip, wat by die Dihlabeng Mall werk, geneem.

Volgens haar dogter, Marike Botha, het sy op pad terug na haar huis ’n hartaanval gehad, waarna sy teen ’n boom voor PG Glass in Kerkstraat vasgery het.

Geen ander voertuie was in die ongeluk betrokke nie.

De Bruyne het vir die departement van welsyn gewerk en altyd daarna gestreef om verder te studeer om haar kennis te verbreed sodat sy die beste welsynsdiens kon lewer.

Sy is Vrydagoggend (27/09) uit die Hoeksteen-kerk begrawe.

Sy word deur haar man, Philip, dogter, Marike, skoonseun Andrew en drie kleinkinders, Melincke (8), Annemike (7) en Jandré (5) Botha oorleef.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.