Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Werklikheid voel onwerklik

Die chaos wat onlangs in Suid-Afrika geheers het, het die lewe soos ’n aksiebelaaide Hollywood-rolprent laat voel. Beeldmateriaal van plundery en verwoesting in KwaZulu-Natal en Gauteng het sosialemedia­platforms en televisie oorheers en mense stom gelaat.

Inwoners van die geteisterde gebiede se vertellings van hoe beangs hulle gevoel het en hoe vreesaanjaend die plundery was, is amper onmoontlik om te begryp.

Honderde mense is beseer en talle het hul lewe verloor. In een voorval het ’n ma haar dogtertjie uit ’n brandende gebou na veiligheid gegooi, na Samaritane wat met uitgestrekte arms op straat gestaan het. Die wreedaardige vernietiging van ondernemings, pakhuise en inkopiesentrums is verbysterend.

Sedertdien het skadebepalings die oë laat rek; het die regering onder kritiek oor sy hantering van die krisis deurgeloop. Talle vrae is rondgeslinger. Hoekom het die regering nie dadelik opgetree om die miljarde rande se verwoesting wat gesaai is, hok te slaan nie? Kon die erns van die saak nie besef word toe die eerste inkopiesentrum verwoes is nie?

Kommer heers oor ’n verergering van die reeds benarde werkloosheidsituasie, ’n moontlike afname in oorsese belegging en die skade se astronomiese invloed op die land se bruto binnelandse produk.

Die werklikheid is skokkend, oorweldigend. Dit laat ’n angstige nasmaak in die mond.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Kontak Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.