Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Werkloosheid styg

Oral op straathoeke staan mense deesdae en bedel. Selfs hier in Bethlehem. Op stukkies karton staan die boodskap gewoonlik: ‘Soek werk, kos en klere sal welkom wees.’

Werkloosheid neem toe, want Suid-Afrika se werkloosheidsyfer het verhoog en staan nou op 29%, die hoogste sedert daar in 2008 met die kwartaallikse opname begin is.

Volgens Risenga Maluleke, statistikus-generaal, is die syfer ’n styging van 1,4 persentasiepunte van die 27,6% vir die eerste drie maande van die jaar.

Altesaam 16,3 miljoen mense het werk, terwyl die werkloosheidsyfer geklim het met 455 000 tot 6,7 miljoen mense.

Werkskepping het in twee sektore toegeneem. Die informele sektor het met 114 000 tot die meeste werkgeleenthede bygedra terwyl die landbousektor tot 5 000 nuwe poste bygedra het.

Daar is nou 3,3 miljoen mense tussen 15 en 24 jaar oud wat nie werk, studeer of verdere opleiding ontvang nie. Van die 20,4 miljoen Suid-Afrikaners tussen 15 en 24 jaar oud, staan die syfer nou op 8,2 miljoen. Dit is ’n styging van een persentasiepunt op ’n jaar tot jaar grondslag.

Kommer heers oor die toename in die werkloosheidskoers.

’n Mens kan nou net hoop die regering en die private sektor doen iets daadwerkliks om dié probleem op te los.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.