Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Werkswinkel in hoogste rat

Fedauto Ford Bethlehem heet Chris van Zyl, ’n meestertegnikus, welkom as werkswinkelbestuurder.

Hy het in die paar weke dat hy by die groep werk reeds sy planne gereed.

“Ons het reeds ’n paar ou kliënte terug gewerf. My doelwit is om goeie diens te lewer en goeie kommunikasie te handhaaf tussen kliënte en Fedauto. Ek wil kliënte se probleme so vinnig moontlik uitsorteer,” het Van Zyl gesê.

Van Zyl is nie nuut by die Fedauto-groep nie.

Hy het vir nege jaar by die tak in New Castle gewerk, wat in 2017 as Ford SA se tak van die jaar vir naverkoopdiens aangewys is.

Van Zyl is ’n gekwalifiseerde tegnikus wat al die opleiding voltooi het wat Ford vereis.

“Ek beoog om die kennis wat ek oor die jare opgebou het met die personeel in die werkswinkel te deel om Ford se standaard hoog te hou.”

Kommunikasie is vir Van Zyl die belangrikste deel van kliëntediens.

“Ek wil met kliënte opvolg en hulle gereeld bel om te sê hoe ons vorder.”

Volgens Deniela Klopper, handelaarshoof van Fedauto in Bethlehem, is Van Zyl ’n groot aanwins vir die groep.

“Hy is baie bekwaam en ons sien daarna uit om saam met hom ’n diens aan ons kliënte te lewer,” het sy gesê.

Van Zyl het in New Castle groot­geword. Hy het vir vier jaar as tegnikus by ’n Ford-handelaar in Londen gewerk.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Vrystaat Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.