Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Wie sien jy in die spieël?

Om net in die eie ek vas te kyk, is die grootste sonde wat daar is.

’n Dogtertjie het saam met haar pa en ma in ’n medegelowige se huis oorgeslaap.

’n Prent van Jesus het bokant die bed aan die muur gehang.

Die eerste oggend toe die dogtertjie wakker word, kyk sy in die groot spieël aan die muur aan die voetenent van die bed.

Sy sien die prent bokant haar kop in die spieël.

“Mamma,” roep sy verras uit, “ek sien Liewe Jesus in die spieël!”

Sy sit dadelik regop om beter te sien, maar haar eie beeld kom tussen die prent en die spieël. In plaas van die prent van Jesus, sien sy haarself in die spieël.

Sy gaan lê dadelik weer, en sien natuurlik weer vir Jesus.

Sy sê toe vir haar ma: “Mamma, elke keer as ek myself sien, sien ek nie vir Liewe Jesus nie – en elke keer as ek nie myself sien nie, sien ek Liewe Jesus.”

Wie sien jy in die spieël?

Mag Galasiërs 2:20 waar wees in jou lewe: en nou is dit nie meer ek wat lewe nie, maar Christus wat in my lewe.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.