Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Woesteny oorwin

Vrot reuk en vlieë. Dis hoe jy die Woesteny van Wees en Word herken. Die stemme maak dit erger.

’n Onderwyseres: “Hoekom het jy dit nie gedoen soos al die ander nie? Kleur tussen die lyne in.”

’n Ouer: “Kinders moet gesien en nie gehoor word nie.” ’n Koggelkoor wat bou tot ’n crescendo.

Die Woesteny is verrassend groen. Dis eers van naby dat jy sien die Woesteny vervals ’n oase. Wanneer jy dit betree, is daar nie uitkoms nie. Die kaktus van vertwyfeling omring jou en jy begin smoor. Jy sien, hoor, raak, ruik en proe die doodsheid van mislukking, en die ontasbare smoor. Newels onsekerheid en vertwyfeling, sonder naam of vorm.

Dié wat die Woesteny oorleef het, word nie dikwels geglo nie. Hul wysheid noop hulle om nie hul stories op ander af te dwing nie.

Hulle wat om die storievuur van Wysheid gaan sit het, weet dat jy ’n kaktusblaar kan oopkloof, die vog kan uitdruk. Dit kan drink in die skaars sonstrale van hoop. Jy besef die Woesteny was jou eie skepping. Jy haas jou na die storie-vuur.

Die kind daar vra: “Sal jy my leer hoe om deur die Woesteny van Wees te kom?” Jy wil haar keer.

Danksy jou reis verstaan jy dat jy nie mag nie; dan word jy ’n stem in die Koggelkoor. “Kom sit, my kind. Kom ek vertel jou hoe om die druppels hoop uit die kaktus van vernietiging en vernedering te tap.”

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Vrystaat Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.