Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Wonderwerke gebeur steeds

Tot en met sy dood in 1973 het Eddie Rickenbacker elke Vrydag met ’n emmer vol garnale na ’n hawe aan die ooskus van Florida geloop om seemeeue te voer.

Elke Vrydag vir 30 jaar het hy dit gedoen – omdat iets in 1942 gebeur het daartoe gelei het dat Eddie vir die volgende 30 jaar elke Vrydag die seemeeue gaan voer het.

In Oktober 1942 het ’n B17-vliegtuig in die Stille Oseaan neergestort. Eddie en sewe ander mans was aan boord.

Sonder enige kos het hulle in ’n reddingsbootjie in die middel van die oseaan rondgedobber. Net ’n wonderwerk kon hulle red.

Hulle het gebid en ’n loflied gesing.

Kort daarna het ’n seemeeu op Eddie se hoed geland. Hy het dit gevang en hulle het dit geëet. Die voël se binnegoed is gebruik om vis te vang.

Almal het oorleef.

Wat het ’n seemeeu daar in die middel van nêrens gesoek? Net God weet, want net God kan!

Wonderwerke vind nog altyd plaas.

Die HAT omskryf ’n wonderwerk as ’n gebeurtenis of handeling wat mense glo deur God bewerkstellig is omdat hulle glo dat geen mens dit sou kon doen nie.

Hoor wat sê Jesus self:

Jesus het reguit na hulle gekyk en gesê: “Vir mense is dit onmoontlik, maar vir God is alles moontlik.” – Matteus 19:26

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Kontak Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.