Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Woordereis boei

Die son loer skaamkop oor die Karookoppies. Drie vrag­motors vertraag mekaar en ons, maar dit pla nie. Ek en Hannes is betyds.

Kort voor 10:00 draai ons by Richmond in. Wanneer die Boekbedonnerd-program om 10:00 begin, sit ons saam met ’n groeponbekendes in die biblioteek. Ek is voorbereid op die onverstoordheid waarmee die reëlingskomitee programveranderinge, sprekers wat nie opdaag nie en ander klein jakkalsies hanteer.

Wat moet gebeur sal gebeur, en wie daar is, is veronderstel om daar te wees.

Die eerste spreker is juis laat; nou vertel die veearts/skrywer van die dorp stories oor sy avonture met diere. Reeds drie boeke publiseer, waarvan die eerste uitverkoop is. Nie sleg vir ’n reserwe-spreker uit die gehoor nie!

Dan Hennie de Villiers van die ouetehuis wat oor die ontdekking van jou sielskrag gesels.

Vir die res van die middag word ons meegevoer op ’n tydsreis na die Kaap gedurende die Tweede Wêreldoorlog, ons besin oor die verhoudings tussen gesinne en bediendes oor die jare heen, leer oor die binnewêreld van kunstenaar Johannes Meintjes. Tania Smit gesels oor “Fine Dining” vir die siel, en teen die einde van die dag het die reis deur woordwêrelde ons veel verder geneem as die reis na Richmond.

Die tweede dag begin met ontbyt. By ’n tafel skuins oorkant ons sit Jan van Tonder, die skrywer van Is Sagie en Verevrou. Eers is ons versigtig om te pla, maar later het ons die voorreg om met Jan te gesels. Informeel. Gemaklik. Ook dag twee is vol interessanthede.

Politieke kommentaar, gedigte, grafte en striksvy-stories. Daar is ’n museummiddag met Johan, die kurator – wat stories en geskiedenis bewaar. ’n Aandfunksie in die Supper Club.

Hoewel die program Vrydag en Saterdag voortgaan, moet ek en Hannes vroeg Vrydag terug. Die son loer weer skaamkop oor die Karoo.

Ons stop by tafeltjies-en-stoeltjies, drink fleskoffie. Pprobeer die grootsheid van die geskenke wat die afgelope twee dae ons gegee het, ontrafel.

Waarom werk Boekbedonnerd? Waarom steur niemand hulle aan programveranderinge nie? Waarom is elke aanbieding iets besonders? Ons wonder, dink en gesels. Elke mens wat Boekbedonnerd besoek, is passievol oor hul onderwerpe, stories en boeke. Dis ons mense hierdie. Vreemdelinge Woensdagoggend – en vriende teen Vrydag. Dis Boekbedonnerd.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.