Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Wortel en tak gemaai

Inheemse kareebome (Rhus Lancea), reusagtige bloekombome en ander aangeplante bome word deesdae voor die voet in Steynsrus afgekap en in kruiwaens vir brandhout weggery.

Ds. Arnold Smith, plaaslike NG predikant, sê bome word daagliks in die omgewing afgesaag, dikwels op munisipale grond, maar niemand tree teen dié stropery op nie.

Smith sê kort nadat die Moqhaka-munisipaliteit grond vir ’n nuwe nedersetting beskikbaar gestel het, was daar ’n groot toeloop van mense na die gebied.

“Daar is deesdae al hoe meer mense wat in die strate rondsit en blykbaar werkloos is.”

Baie van die mense het nie elektrisiteit in hul huise nie of kan dit nie bekostig om krag te betaal nie en saag daarom die bome vir vuurmaakhout af.

“Van Steynsrus op pad na Senekal is daar maklik vir 10 km nie meer ’n kareeboom te sien nie. Alles is afgekap en vir brandhout weggery.”

Smith sê vroue wat brandhout met kruiwaens wegry, is ’n algemene gesig in die omgewing.

Met Netwerk24 se besoek aan die dorp was ’n groep vroue oop en bloot besig om die takke van twee bome op ’n sypaadjie af te kap en in stukke op te saag.

Dr. Albé Viljoen, VF Plus-raadslid, sê sy het heelwat klagtes ontvang dat inheemse bome afgesaag word. Dié verwoesting is teenstrydig met munisipale regulasies, maar die munisipaliteit doen geen wets­toepassing nie.

Dika Kheswa, woordvoerder van die munisipaliteit, het nie op ’n medianavraag reageer nie.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Kontak Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.