Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Weskus-nuus
7 nou aangekla vir Jordan se moord
Jordan Moore, moord, Atlantis

Die 16-jarige Jordan Moore van Hungrytown en oudste seun van ’n polisiebeampte se wrede dood, Vrydag 6 November, is besig om inwoners van Atlantis te verenig. 

Inwoners het Dinsdag 17 November weer in hul massas opgedaag nadat nóg vier verdagtes aangekeer is vir die moord op die 16-jarige en in die Atlantis-landdroshof verskyn het. Die vier se saak is tot Dinsdag 24 November uitgestel. 

Weskus Nuus het verlede week berig twee verdagtes wat Dinsdag 10 November in die hof verskyn het, se saak is tot 22 Januarie uitgestel. 

Volgens kapt. Liza Munro, Atlantis-polisiewoordvoerder, is ’n sewende verdagte Dinsdagoggend aangekeer en sal binnekort in die hof verskyn. Munro het ook bevestig dat Moore aan verskeie steekwonde dood is.

Die graad 10-leerder aan Robinvale Sekondêr se sinnelose moord het die dorp aan die gons. Volgens Munro het Moore en twee vriende vermoedelik geloop toe hulle deur mans met honde gekonfronteer is. Munro sê daar word vermoed dat die mans die honde op die jongspan gesit het en die maats het in verskillende rigtings gehardloop.

Die ander twee seuns het weggekom en hulp gaan soek. Met hulle terugkeer na die toneel was Jordan reeds dood. Sy lyk is op ’n oop veld in Rietsangerlaan ontdek. Moore word Saterdag 21 November begrawe.

  • Terwyl inwoners steun vir die Moore-gesin toon, gaan die sinnelose moorde in Atlantis voort. Die 26-jarige Rezaq Kader van Neptune Castle is Saterdag 14 November in die vroeë oggendure in Grosvernorlaan, Saxonsea doodgeskiet. Volgens Munro is Kader in sy motor deur die nek geskiet en het hy op die toneel gesterf. Die 20-jarige Keyaamodien Gordon van Dartes Place in Dura-woonstelle, is Saterdag 15 November dood nadat hy in die bors gesteek is. Volgens Munro is Gordon met sy aankoms by die hospitaal dood verklaar en is geen verdagtes vir die twee moorde aangekeer nie.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Kontak WeskusNuus Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.