Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Almal moet saamstaan om strate weer veilig te maak

“Die dae dat mense by die hof teen moordenaars betoog, moet tot ’n einde kom en daadwerklike optrede is nou nodig.”

Só sê Peter Stoffberg, voorsitter van die Atlantis-jeugsakeforum, en meen ook ouers moet ophou om moordenaars se borgtog te betaal.

Sowat 300 inwoners het Sondagmiddag by die Dollies-sentrum bymekaargekom ná die wrede, sinnelose moord op die 16-jarige Jordan Moore.

Allister Lightburn, proporsionele raadslid, was een van die sprekers en het gesê al drie vlakke van die regering moet na die tafel kom om die bende-probleem aan te spreek.

“Straatkomitees moet onmiddellik oor die hele Atlantis op die been gebring word sodat daar ’n vorm van kommunikasie kan wees.”

Die inwoners het ’n interimtaakspan saamgestel om met owerhede en die gemeenskap te skakel en ’n oplossing vir die sinnelose moorde op jongmense te vind.

Volgens Manfred van Rooyen, tussentydse sekretaris van die organisasie Voice of Atlantis en die Pirate Town-buurtwag, wek die moorde op veral jongmanne in die gebied kommer.

Volgens van Rooyen is Garron Opperman (16) op 31 Mei in St. Antoniosingel doodgeskiet, ’n week later is die 30-jarige Carlyle Siebritz in dieselde pad doodgeskiet, Damian Opperman (22) is op 1 November in Trafalgarstraat doodgeskiet.

Van Rooyen het verseker dat sy organisasie voortaan harder sal werk om te help om Atlantis se strate weer veilig te kry.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Kontak WeskusNuus Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.