Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Almal stap saam teen kanker

Die jaarlikse Kansa Relay for Life in Mamre het Saterdag 26 Oktober hulde gebring aan slagoffers en oorwinnaars van dié siekte met die voormalige Springbokafrigter, Pieter de Villiers, as hoofspreker.

De Villiers, of Snorre soos hy ook bekend staan, het ’n bemoedigende boodskap gehad. “Kanker is nie ’n doodvonnis nie,’ het hy aan die gaste gesê.

Hy sê toe hulle as gesin die tyding gekry het dat hul dogter kanker het, het hy die Here bedank dat sy ’n “mediese kanker” het wat genees kan word en nie ’n kanker van haat, jaloesie en afguns nie.

“Onthou God beproef ons omdat hy ons liefhet,” het Snorre onder luide applous gesê. Met ’n rugbygees het Springbok-ondersteuners in hul hordes opgedaag op die vooraand van die Bokke se halfeindstryd teen Wallis.

Snorre het ook gevra dat hulle tog versigtig moet stap, want die land het hul ondersteuning nodig. Aan die All Black-ondersteuners het hy grappender­wys gesê hulle moet stap soos hulle wil, want niemand het hulle nodig nie. Verskillende gemeenskaps­organisasies het ook hul ondersteuning gewys.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Weskus Nuus Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.