Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Beleggers baie ingenome oor SES

Beleggers en verteen­woordigers van verskil­lende lande het Vrydag 18 Oktober die Atlantis Spesiale Ekonomiese Sone (SES) besoek met die oog op komende sakegeleent­hede.

James Vos, Kaapstadse burgemeesterskomiteelid vir ekonomiese geleenthede, was deel van die groep hoog­geplaastes wat die besoekers ontvang het.

Cynthia Clayton, subraadvoorsitter, het met haar verwelkoming die gaste verseker Atlantis is meer as gereed vir die toestroom van geleenthede wat die SES sal bring.

Vrese oor misdaad is ook bespreek met Clayton, wat ná premier Alan Winde se jongste misdaadbekampings­plan waar 3 000 wetstoepassers deur die Kaapse Stadsraad aangestel sal word, verwys.

Sy het ook gesê paaie binne SES word tans opgegradeer wat beteken plaaslike infrastruktuur sal gereed wees vir die komende projekte.

Vrae oor die beskikbaar­heid van opgeleide arbeid is genoem, maar ook vinnig in die kiem gesmoor met die versekering dat Serebi tans besig is met tegniese opleiding.

Die Stad, een van die hoofrolspelers van SES, het verseker dat nóg opleidings­programme beskikbaar sal wees.

Gaste was blykbaar ingenome met al die beloftes, maar het steeds nie al hul planne bekend gemaak nie. Dié groep was wel beïndruk met die vordering van die projek wat beteken hulle sal nie lank moet wag vir die oprigting van hul persele nie.

Clayton het die groep na afloop van die vergadering op ’n toer deur die gebied geneem en beskikbare grond aan beleggers uitgewys wat baie belanggestel het in die nuwe verwikkelinge.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Weskus Nuus Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.