Die feestyd is byna hier en met die stygende pryse van huishoudelike noodsaaklikhede, kyk Wesgro hierdie week na handige wenke vir kostebesparing van elektrisiteit tuis. Dit sal ook help om beurtkrag makliker te hanteer.
Elke huis se grootste elektrisiteitsuitgawe is seker die geiser, wat baie krag benodig om die element te verhit vir warm water.
Daar is verskillende opsies hoe ’n mens krag kan spaar: . ’n Geiser-kombers sal help om die verlies van hitte te verminder en sodoende die aantal elektrisiteit wat nodig is om die element te verhit, te verminder. . ’n Tydhouer kan ook die tyd reguleer wat die geiser aangesit word. Dit kan ook sonder die toestel gedoen word, maar dan bly dit belangrik om die geiser weer aan te skakel, want ’n koue stort is nooit welkom in die oggend nie.. Nog een opsie om hierdie koste geheel en al te vermy, is om ’n songeiser aan te skaf. Sodra die aanvanklike installasiekoste betaal is, is dit ’n daaglikse besparing deur geen verdere koste vir elektrisiteit om jou geiser warm te kry te betaal nie.. Van die ander groot kragverbruikers in die kombuis is: die stoof, oond en die ketel. ’n Gasstoof is ’n goedkoper alternatief en maak ook kosmaak gedurende beurtkrag moontlik. Maar as jy besluit om op jou elektriese stoof kos te maak, dan kan jy ook kostes bespaar deur te sorg dat die deksels goed toe is as jy kos maak en ook net met die regte hoeveelheid water kos maak. .Skakel ook alle onnodige ligte af en moenie enige ligte deur die nag laat brand nie.