Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Boom rig baie skade aan Lubron-kleuterskool . . .

Sterk winde het Vrydagaand 25 Okto­ber ’n ou boom ontwortel en op een van die dorp se oudste kleuterskole se dak te lande gekom.

Lubron-kleuterskool, wat in die Hartebeeskraal se Thusong-sentrum is, het groot skade gely toe die massiewe boom deur die dak geval het. Volgens die skoolhoof, Felicity Lambert, het sy omstreeks 20:00 ’n oproep van ’n ouer gekry dat die boom op die dak lê.

Nadat ek verskeie oproepe gemaak het, het Allister Lightburn, propor­sionele raadslid, hom na die toneel gehaas om die span by te staan. “Die skool wat tans 58 kinders het, sal noodgedwonge verskuif moet word aangesien die gebou heeltemal onveilig is,” sê Lightburn.

Die raadslid het die verskillende departemente van die stad gebel om die skool dringende bystand te verleen. Dit is tans onseker waar die kinders sal gaan, maar Lightburn sê hy het met die wyksraadslid Barbara Rass gepraat dat leerders dalk na die sentrum verskuif kan word omdat die kinders se veiligheid belangrik is.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Weskus Nuus Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.