Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Clayton bedank uit amp

Die voorsitter van subraad 1, Cynthia Clayton, het bedank en sal teen 30 Desember haar kantoor ontruim.

Clayton het Vrydag 22 November dié aankondig voor ’n spesiale raadsverga­dering gemaak.

Volgens Dirk Smit, speaker van die Kaapse metro, het Clayton kort voor die begin van ’n spesiale raadsverga­dering waar ’n mosie van wantroue teen haar ingedien sou word, hom ingelig van haar besluit om te bedank.

Dié mosie is deur Barbara Rass, raadslid van wyk 32 teen Clayton ingedien en deur Nora Grose, raadslid van wyk 23, wat haar oog op die subraadvoorsitter posisie het, ondersteun.

Weskus Nuus het in die laaste uitgawe berig oor die DA se pogings om van Clayton ontslae te raak.

Volgens Clayton was sy aangekla daarvan dat sy sake van Patricia de Lille se Good-party vanuit haar kantoor bedryf, maar sy meen daar was geen bewyse met die ondersoek gevind nie.

“Ek is toe aangekla omdat ek nie presteer nie, maar het nog nooit ’n swak vorderingsverslag van enige iemand ontvang nie,” voeg sy by.

Clayton meen politieke vuilspel deur haar mede-raadslede het haar gedwing om dié “moeilike besluit” te neem.

“Ek moes destyds besluit tussen my passie vir verpleging en politiek. Ek het op politiek besluit omdat ek my gemeenskap beter kon dien. My harde werk in die party is ’n duidelike bewys hiervan.

Sedert 2006 het ek my wyk oortuigend gewen en behou,” sê Clayton.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Weskus Nuus Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.