Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Covid-19: Dit kan oorwin word

“Jy kan dit enige plek optel. Los daai sosiale kuiertjies, maar dit is ook nie ’n doods­von­nis nie, dit kan oorkom word.”

Só sê Leeroy Moses, ’n bekende Atlantis-inwoner en ook nou ’n Covid-19-oorwin­naar.

Met Atlantis se Covid-19-gevalle wat omtrent verdrie­dub­bel het in die laaste 12 dae het inwoners hul stories met Weskus Nuus gedeel om te wys dié gevreesde virus kan bloedneus geslaan word.

Moses voeg by om positief vir Covid-19 te toets, is beslis ook nie ’n skande nie.

Nóg ’n inwoner, Nadia Smith van Avondale, vertel haar paaie het met dié virus reeds in Mei gekruis nadat sy grieperig begin voel het.

“My liggaam het gepyn en ek het gesukkel om asem te haal. Die dokter het my vir die virus getoets omdat al die simptome daar was. Twee dae later het ek gedink die dokter maak ’n grap toe hy sê ek is positief,” vertel Smith.

Vir haar het die werklikheid eers ingeskop toe die dokter sê sy sal haarself moet afsonder.

“Nooit het ek gedink dit sal my tref nie omdat ek altyd voorsorg getref het deur gereeld te ontsmet en my masker te dra as ek iewers heen gaan.”

Smith se simptome was onder meer, geen eetlus, die verloor van haar reuksintuig, ’n seer keel en ’n seer lyf.

Moses vertel hy kon nie slaap nie. “Ek het omtrent een koppie sop per dag gedrink. Ek is ook ’n diabeet en is baie gelukkig om te kon herstel.”

Moses waarsku teen die sogenaamde “deskundiges” wat op sosiale media raad gee en sê daar is baie gerugte dat die Covid-19-pandemie ’n klug is en ’n manier van die regering om inwoners as gyselaars te hou.

“Ek kan getuig dis geen grap nie. Dié virus wil ek nie aan my grootste vyand toewens nie. As iemand vir jou sê maskers werk nie of dat korona ’n klug is, klap daai een hard,” sê Moses

Smith sê dis slegs gebed en haar familie, vriende en kolle­gas se ondersteuning wat haar deurgedra het.

“Ek was bang, angstig en kon nie slaap nie omdat ek die dood in die gesig moes staar. Al was ek swak, het ek terugbaklei deur gebed, want ek het gedink aan my kinders en my ma,” vertel ’n verligte Smith.

Raad aan ander is: hand­reinigers, veilige afstand, dra jou masker en drink vitamien­aanvulling.

“Bly kalm indien jy positief getoets word aangesien baie meer mense herstel van die virus en vermy die negatiewe nuus op sosiale media,” sê Smith.

Gebied Mei Junie
Saxonsea 15 37
Robinvale 13 34
Avondale 13 30
Proteapark 5 23
Witsand 7 22
Mamre 6 22
Beaconhill 5 16
Sherwood 3 15
Atlantis-nywerheidsgebied 1 4
Pella-Katzenberg 0 1
Wesfleur 0 1
Saxon-nywerheidsgebied 0 1
Totaal 68 208
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Kontak WeskusNuus Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.