Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Covid-19 en begrafnis

Baie families moes die tragie­se verlies van hul geliefde weens Covid-19 deurmaak.

Gedurende dié pandemie is die verlies van ’n geliefde ongelukkig ingewikkeld, want die verdere verspreiding van die koronavirus moet voorkom word.

Die provinsiale gesondheids­departement het dus nuwe riglyne daargestel om te ver­seker die nodige veiligheids­maatreëls word geneem wanneer geliefdes ter ruste gelê word.Hoe kry ek duidelikheid oor wat gebeur het? • Wanneer jy verstaan wat met jou geliefde gebeur het, kan dit help.

Praat met die gesondheid­sorgwerkers wat jou geliefde versorg het of enigiemand anders wat weet van Covid-19. Besigtiging van ’n geliefde wat aan Covid-19 gesterf het

Nuwe regulasies probeer die verspreiding van koronavirus te keer en dit kan jou dalk verhoed om jou geliefde se liggaam te sien. Indien jy wel toegelaat word om die liggaam te besigtig, moenie aan die liggaam raak nie.Kan ’n besigtiging gehou word?

As die familie besluit om ’n besigtiging te hou, volg hierdie riglyne: • Niemand mag aan die oorle­dene raak nie. • Behou ’n veilige afstand tussen mekaar. • Dra ’n masker. • Ontsmet hande agterna. Voorsorgmaatreëls wanneer geliefdes se liggaam voorbe­rei word • Die oorledene mag slegs deur begrafnisondernemers of mense wat opgelei is en persoonlike beskermde klere dra gewas en aangetrek word. • Die liggaam moet by die be­grafnisondernemer bly tot die begrafnis. Wanneer jy jou geliefde se besittings ontvang

Was die klere en beddegoed met warm water en seep.

Ontsmet die ander artikels (selfoon, bril en toiletware) met ’n verdunde bleikmiddel­oplos­sing. Wanneer jy klaar met die ongewaste artikels gewerk het, was jou hande deeglik. Die hou van ’n veilige begrafnis of ritueel

’n Begrafnis bied die geleent­heid vir familie en geliefdes om afskeid te neem, maar dit is belangrik om te onthou mense kan die koronavirus by jou geliefde se liggaam en ook by mekaar kry.

Indien jy wel ’n begrafnis of ’n ritueel hou, volg hierdie riglyne: • Probeer om die begrafnis bin­ne drie dae van die afsterwing te hou.• Slegs 50 mense (familie, gaste en personeel) word toegelaat. • Oorweeg ’n regstreekse video vir diegene wat ouer as 55 is of kroniese toestande het. • Die teraardebestelling moet minder as 30 minute aanhou. • Moenie ná die begrafnis ’n samekoms hou nie.• Bly 1,5 meter weg van die ander roubeklaers. • Vermy handdrukke, drukkies of soentjies. • Hou ’n register van die roube­klaers.

Dit sal die gesondheids­ower­hede in staat stel om hulle op te spoor indien iemand Covid-19 sou kry. Is daar enige logistiek waarvan ek bewus moet wees?• Registreer jou geliefde se dood. Jy sal hul identiteits­dokument en die kennisgewing van dood van die hospitaal nodig hê. Vra die begrafnis­ondernemer om jou te help. • Reël die begrafnis.

Wanneer iemand aan Covid-19 sterf, is die aanbeveling dat hul oorskot veras moet word. Kyk na jouself

Dit is belangrik om te onthou om na jouself te kyk.

Dit sluit in om jou eie gesondheid ’n prioriteit te maak en maniere te vind om dinge te hanteer.

Om ’n geliefde aan die dood af te staan, raak almal op verskil­lende maniere; daar is nie ’n regte of verkeerde manier nie.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Kontak WeskusNuus Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.