Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Cruz skuldig aan ‘sleep-moord’

Myron Cruz (25), wat tereg staan vir die dood van Ashwin Saayman van Mamre, is 3 Sep­tember in die plaas­like streek­hof skuldig bevind aan moord en sal 16 Oktober sy lot hoor.

Saayman is oorlede nadat hy vermoedelik byna 400 m na sy dood aan ’n motor in Mamre se hoofweg gesleep is. Dié voorval het 19 Desember 2016 gebeur.

Cruz het egter in sy getuie­nis ontken dat hy Saayman gesleep het en het aangevoer die oor­ledene het aan die motor vasgehou met ’n mes omdat hy nog wou baklei. Twee van die getuies wat saam met Saayman op die stop gestaan het, het getuig dat hulle gesien het die verdagte hou die oorledene aan sy bors vas terwyl hy vinnig wegge­trek het.

Die twee getuies se weergawe is as geloofwaardig beskou en Cruz se weergawe is as “opgemaak” bestempel om sy optrede te regverdig. Die landdros het in haar uitspraak gesê die voorval kon verhoed word as Cruz net aangery het.

Volgens die ma van die oorledene, Augustine Saayman, is sy tevrede met die landdros se uitspraak en wag nou net dat geregtigheid moet geskied.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Weskus Nuus Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.