Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Dalk geen matriekafskeid

Matrikulante fokus tans om goeie punte te kry nadat die koronavirus hul laaste jaar byna heeltemal ontspoor het en baie sien die afstel van die matriekafskeid as ’n pluspunt.

Volgens die matrikulante waarmee Weskus Nuus gepraat het verstaan hulle dat daar tans streng reëls is en daarom fokus hulle nou op die eksamen. Elijah Mhlanga, woordvoer­der van die departement van basiese onder­wys het 2 September aange­kondig dat daar geen matriekafskeid gaan wees nie. Die Wes-Kaapse onder­wys-departement (WKOD) sê egter die kwessie is tussen die skool en ouers. “Matriekaf­skeide is ’n buitemuurse aktiwiteit en ons het nie ’n amptelike beleid daar­oor nie,” sê Kerry Mauch­line, woord­voerder van die Wes-Kaapse minister van onderwys, Debbie Schäfer. Mauchline sê die WKOD het wel die skole en ouers gewaarsku oor die risiko’s van ’n matriekafskeid.

“Die reëls is dat daar minder as 50 mense by ’n byeenkoms moet wees. Daar moet ook veilige afstand toegepas word en almal moet maskers dra. “Ondanks al die voorsorg-maatreëls is die risiko steeds daar dat leerders en onderwysers die virus kan kry. Dit sal lei tot selfafsondering van diegene wat aangesteek is en in noue kontak was met die besmette persoon. “Dít sal weer ’n impak hê op hul skoolwerk en die eindeksamen” sê Mauchline

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Kontak WeskusNuus Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.