Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Deel 2: Jou gedrag in die herstelproses

In deel 1 is daar gekyk hoe lyk iemand se gedrag wat verslaaf is. Nóú gaan ons kyk hoe lyk iemand se gedrag as hy behandeling ontvang en gedurende dié herstelproses.

Hoe tree die persoon op gedurende behandeling?

Behandeling gaan nie net daaroor om op te hou om die middele te gebruik nie. Dit gaan oor ’n leefstylverandering.

Dit beteken iemand kan ophou om hul middel te gebruik, maar is nie werklik besig om te herstel nie. Iemand wat hul middels nie meer gebruik nie, maar nie herstel nie, sal terugval na hul afhanklikheid byvoorbeeld om steeds tyd saam met vriende deur te bring wat dit gebruik. ’n Persoon wat dus werklik besig is om te herstel, sal sy gedrag heeltemal begin verander. Hulle sal die middels nie meer gebruik nie en ook byvoorbeeld hul vriendekring verander.

Die herstelproses vra van die verslaafde persoon om ondersoek na sy hele wese in te stel. Hulle moet hul eie probleemgedrag identifiseer en verander – dit vra tyd, ondersteuning en insig.

Voorbeelde van gedrag wat saam met die herstelproses gepaardgaan:
. Die persoon is eerlik met homself en ander en tree verantwoordelik op.
. Hulle praat oor hul emosies.
. Hulle families is deel van hul herstelproses.
. Hulle plaas nie die skuld van hul gedrag op ander nie en ondersoek hul eie gedrag.
. Hulle vermy enige kontak met persone wat dwelms gebruik.
Hoe tree hulle op die lang termyn op?

Die herstelproses eindig nie sodra jy behandeling kry nie. Dit is ’n lewenslange proses. Dit beteken die persoon moet ’n leefstylverandering ondergaan en nie terugval in sy ou weë nie. Die herstelproses is suksesvol as familie en vriende die betrokke persoon ondersteun.

Voorbeelde van hoe hy in die herstelproses optree:

. Die persoon is nie net eerlik met homself nie, maar ook met ander.
. Die persoon neem steeds verantwoordelikheid vir sy gedrag en ontvang leiding van ’n familielid of mentor.
. Die persoon is bewus van mense, plekke en emosies wat kan veroorsaak dat hulle weer afhanklik kan word.
. Hulle het ’n plan om nie weer terug te val in dwelmmisbruik nie.
. Hulle is in beheer van hulle emosies en hanteer konflik eerder as om dit te ignoreer of te onderdruk.
. Hulle is deel van ondersteunings­groepe en woon die vergaderings by.
Kontroleer gedrag:

Die afhanklike persoon wat besig is om te herstel, kan sy of haar eie gedrag kontroleer om seker te maak hy of sy dwaal nie af nie.

Familie en ’n mentor speel hiér ’n belangrike rol aangesien hy of sy die persoon se gedrag ook kan kontroleer.

Só kan hulle die persoon help om vergaderings by te woon en hulle help sodat die persoon nie terugval in sy of haar ou weë nie.


. Vir nog inligting of hulp, skakel Kaapstad se Drug Counselling-ssentrum in Atlantis by 021 571 7180. Hulle is dáár om jou te help.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Weskus Nuus Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.