Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Groen skoolprojekte kan menige help

Die groen skoolprojekte help skole om ’n volhoubaarheids­program te bedryf.

Dit bemagtig ook jong mense om energiebesparende inisia­tiewe te lei en om hul skool en gemeenskap te inspireer om groen te word.

Hier is ’n paar wenke. 1. Begin ’n herwinningsklub en kry minstens ’n vullishouer vir ongebruikte papier in klas­kamers, die kopieerkamer en kantoor. Leerders kan aange­moedig word om enige herwin­bare materiale van die huis af na die klub te bring.2. Herwin koerante en tyd­skrifte om kuns te skep en hou ’n kunsuitstalling wat van herwonne materiaal gemaak is.3. Neem ’n omgewings­vrien­delike, leersame velduitstappie om leerders omgewingsbewus te maak. Uitstappies kan alternatiewe energie-aanlegte soos windplase, plaaslike stortingsterreine, herwinning­sentrums en organiese plase, insluit.4. Begin ’n komposhoop met groenteskille, vrugte-afval, teesakkies en die afval van plante en gras. Dit breek vinnig in die grond af en sorg vir belangrike stikstof sowel as vog. Artikels soos karton eierhouers, gekrummelde papier en afvalblare kan ook ingesluit word. 5. Skep ’n voëlhabitat deur voëlhokke rondom die speel­terrein te maak. Die voëlhokke bied beskerming en nesruimte in die toenemende bedreigde habitat van die voëls.6. ’n Taak vir die groenklub-lede is om te verseker alle elektriese toestelle word afgeskakel wanneer dit nie gebruik word nie. Die maklik­ste manier is om te vra dat alle elektriese toebehore aan een stroomverspreider gekoppel word sodat slegs een skakelaar afgesit kan word indien dit nie in klaskamer(s) gebruik word nie.7. Stap of trap skool toe. Dit bespaar nie net brandstof nie, maar is ook goed vir die omgewing en die natuur.8. Kyk mooi na waterver­bruik. Onthou om die kraan toe te draai wanneer jy tande borsel, gesig was of skeer. Hou jou stort tot vier minute eerder as om te bad – dit bespaar ongeveer 14 000F water per jaar.9. Begin ’n skooltuin wat nie net die skool verfraai nie, maar groente kan ook verbou word. Hierdie groente kan die skool se voedingskema aanvul.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Kontak WeskusNuus Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.