Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Groentetuine kan help om die honger magies te vul

Die Atlantis-Rotariërs het Saterdag 31 Oktober ’n skoonmaak- en groentetuinprojek op die Orion-terrein van stapel gestuur om inwoners van Atlantis bewus te maak van die belangrikheid daarvan om die omgewing teen besoedeling te bewaar en mense terselfdertyd aan te moedig om groentetuine te maak.

Ná suksesvolle projekte soos Covid-19-voedselverspreiding en die skoolprogram op Radio Atlantis, het die Rotariërs besluit op ’n gesamentlike projek – om groentetuine op die been te bring. Rotariërs en Rotaracts van verskillende klubs, soos Kaap die Goeie Hoop, Melkbos, Pinelands, Waterfront, Kirstenbosch, en die plaaslike Atlantis-tak het aan die dag se verrigtinge deelgeneem.

Selfs die E-klub, Orion-personeel en twee plaaslike organisasies van Atlantis en Mamre, Atlantis Football Legends en Open Heart-projek, was almal deel van die projek.

“Met die omgewingsbewusmakings­inisiatief en groentetuine, hoop ons dat daar meer mense van die Atlantis-gemeenskap betrokke gaan raak deur by ons projekte in te skakel,” het Danny Pietersen, president van Rotariërs-Atlantis gesê.

Volgens Pietersen sal die groentetuine ook ’n bron van inkomste vir inwoners word omdat hulle self produseer en dan kan verkoop. Pietersen hoop dat die projek binnekort verder na ander dele van Atlantis sal uitbrei.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Kontak WeskusNuus Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.