Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Kaptein Dicks groet Atlantis

Ek was nooit skaam om te sê ek werk in Atlantis nie.

Só sê kapt. Cyril Dicks tydens sy laaste dae as kommunikasiebeampte by die Atlantis-polisiekantoor.

Dicks, wat op 1 September 2007 hier begin werk het, vertel emosioneel dat hy sedert sy eerste dag nie geweet het wat om te verwag nie en het ook nie baie kennis van die dorp gehad nie.

“Ek is baie dankbaar vir die geleentheid om in Atlantis te kon werk, dit het van my ’n beter polisiebeampte gemaak,” vertel Dicks en voeg by, “die gemeenskap van Atlantis sal vir altyd ’n spesiale plek in my hart hê.

“Ek is baie, baie dankbaar vir die geleentheid wat ek deur die polisie gegun was om die gemeenskap te kon dien met passie, deernis, eerlikheid, opregtheid en ook met trots. Die jare wat ek hier gewerk het, het my laat groei en ’n beter mens gemaak,” vertel die man op wie se knoppie jy enige tyd kon druk. “Ek weet en glo dat dit wat ek die gemeenskap geleer het, ’n impak gemaak het op baie mense se lewe hier in ons dorp.”

Dicks het oor die jare diep spore in baie se harte getrap met sy uitreiking na hoërskole, kerke en gemeenskapsorganisasies en selfs laerskoolleerders het hom geken. Hy was veral ook bekend vir die misdaadprogram wat weekliks op Radio Atlantis aangebied is.

“Ek hoop, vertrou en bid aanhoudend vir die mense van Atlantis al gaan ek nie meer tussen julle wees nie. God’s rykste seën word julle toegebid tot in alle ewigheid.”

Kaptein Dicks se laaste boodskap aan inwoners: “Wees eerlik in vlees en bloed met mekaar. Moenie dat ander jou afbreek nie. Tel jouself op en stap vorentoe en nie agteruit nie!”

Dicks sit sy loopbaan vanaf 1 September voort by Sea Point-polisiekantoor waar hy as kommunikasiebeampte sal werk. . Weskus Nuus bedank Cyril Dicks vir sy onbaatsugtige diens en wens hom sterkte en voorspoed toe. Jy gaan beslis gemis word, ou grote!

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Kontak WeskusNuus Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.