Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Kleinboere bly oor ooreenkoms

Kleinboere van Mamre het onlangs geskiedenis gemaak toe huurooreen­komste met die Mamre Communal Property Association (MCPA) geteken is.

“Dié ooreenkoms maak die deure oop vir meer ekonomiese geleenthede en werkskepping,” meen Wilfred Solomons-Johannes, MCPA-voorsitter. Hy sê die ontvangers van die kontrakte is “baie tevrede” met die huurooreenkomste.

Volgens Conrad Liedeman (71) boer hy reeds vir 15 jaar op ’n klein lappie grond met beeste, hoenders en perde. Liedeman sê die 104 hektaar wat nou aan hom toegeken is vir byna tien jaar beteken dat hy met sekerheid vir die toekoms kan beplan.

Benewens Liedeman is die drie ander kleinboere wat ooreenkomste met die MCPA aangegaan het, Ronald Arendse (4 hektaar), Marco Vraagom (2 hektaar) en Gerald Loock (5 hektaar).

Dié boere het elkeen gemengde boerderye.

“Hierdie is ’n geleentheid om op die voorgrond te wees en die grond wat aan die gemeenskap van Mamre teruggegee is, tot hul voordeel te benut,” sê Solomons-Johannes.

Altesaam 58 aansoeke van Mamre is ontvang om die gemeenskaplike grond te huur vir boerdery. Kommunikasie met aansoekers sal deur die MCPA behartig word.

Die ooreenkomste is onderhewig aan sekere voorskrifte met die huurooreen­koms wat vir nege jaar en 11 maande geldig is.

Solomons-Johannes sê die MCPA is daartoe verbind om die gemeenskaplike grond, wat “deur wetgewing van rassediskriminasie weggevat is”, tot voordeel van Mamre te gebruik. Die meentgrond beslaan sowat 4 254 hektaar en is in Junie 2013 deur die nasionale regering aan die Mamre-gemeenskap teruggegee.

Die MCPA is op die been gebring en geregistreer ingevolge die Wet op Verenigings vir Gemeenskaplike Eiendom, Wet no. 28 van 1996.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Weskus Nuus Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.