Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Klopjagte lei tot suksesvolle inhegtenisnemings

Plaaslike polisiebeamptes en lede van die polisie se teenbende-eenheid het Vrydag 4 September ’n gesamentlike klopjag in Atlantis gehou.

Volgens kapt. Lisa Munro, Atlantis-polisiewoordvoerder, is verskeie mense in hegtenis geneem, onder meer ’n 47-jarige man wat by ’n huis in Loerielaan Robinvale aangekeer is nadat die polisie .44-Magnum-vuurwapen, 300 Mandrax-tablette en kaart-kloonmasjien by hom gekry het. Volgens Munro is die vuurwapen in Durbanville as gesteel aangemeld.

Lede van die misdaadvoorkomings­eenheid het Sondag 6 September tydens ’n patrollie in Saxonsea ’n verdagte persoon met ’n vuurwapen opgemerk. Volgens Munro het die verdagte persoon die vuurwapen laat val toe hy die polisie gesien het en het te voet gevlug, maar is deur die polisie agternagesit en aangekeer.

Die 23-jarige verdagte sal op klagte van die onwettige besit van ’n vuurwapen en ammunisie verskyn. Die polisie het ook verskeie jeugdiges aangekeer nadat ’n 26-jarige man Donderdagaand 3 September by die Dura-woonstelle doodgeskiet is.

Volgens Munro het die gemeenskap waardevolle inligting aan die polisie verskaf wat tot die inhegtenisnemings gelei het. Die verdagtes 15, 16 en 17 probeer tans borgtog in die plaaslike hof kry en bly in aanhouding.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Kontak WeskusNuus Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.