Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Mans stamp hul ‘tikkoppe’

Vermeende dwelmverslaafdes is woedend nadat ’n man wat beloof het om hulle te help, nou skoonveld is.

Die vier mans het na bewering ’n man by die plaaslike hospitaal genader om hulp vir hul dwelmverslawing. Nadat die mans glo hul geld aan die “goedgeklede” man betaal het, het hulle nie weer ’n woord van hom gehoor nie.

Een van die mans, ’n 28-jarige selferkende tikkop, sê hy het ’n besluit geneem om iets aan sy verslawing te doen aangesien hy ’n werk en kinders het.

“Ek het verlede week besluit om by die hospitaal vir hulp te gaan aanklop,” het die man wat nie sy naam genoem wil hê nie, aan Weskus Nuus gesê.

Hy vertel verder terwyl hy in die hospitaal se ontvangs gesit het, het ’n goedgeklede man hom genader. “Ek het besluit om vir hom vir hulp te vra, want ek het gedink hy is dalk ’n dokter. Hy het my meegedeel hy is die regte persoon om mee te praat. Ons is vir ons suiker getoets en moes ook ’n urinemonster aan die vent verskaf. Verder het hy vir ons gesê ons moet elkeen R450 vir hom gee dan sal ons 18 Augustus met ons rehabilitasieprogram in die Paarl begin,” sê hy.

Een van die ma’s van die verslaafdes is baie ontstoke en sê die “arme kind” wag steeds om na die rehabilitasiesentrum te gaan. “Sy klere is klaar gepak om ‘gesond’ te gaan word. Hoe kan jy so iets doen aan jongmense wat hul lewe wil verander,” wou die ma weet. Hulle reken die man wat die vier ingeloop het, is dalk self ’n tikkop, want “wie dink sulke goed uit”. Volgens die verslaafdes is hul moed nie gebreek nie en wil hulle steeds hulp hê. Weskus Nuus het die hospitaal genader oor inligting rakende die man, maar niemand van die hospitaal het geweet wie die man is nie. Werkers het gesê hulle het van die voorval te hore gekom en sê dit is glo nie die eerste voorval nie. Weskus Nuus het die departement van gesond­heid genader om kommentaar, maar teen druktyd was daar nog geen terugvoering nie.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Weskus Nuus Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.