Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Minder moorde in Atlantis

Die land se misdaadstatistiek vir die 2018-’19-boekjaar is Donderdag 12 September deur die polisie se topstruktuur aan die parlement voorgelê. Dié syfers is vir die tydperk 1 April 2018 tot 31 Maart 2019.Moord en poging tot moordDit blyk uit die statistieke dat 245 meer moorde in die Wes-Kaap gepleeg is – ’n styging van 6,6%. In Atlantis was daar egter ’n afname van 19,1% in die moord­syfer. Daar was 13 minder moorde ge­pleeg teenoor die vorige boekjaar. Poging tot moord het egter effens gestyg met 83 teenoor 81 voorvalle die vorige jaar. Dít is egter net voorvalle wat by die polisie aangemeld is. Aanranding en aanranding met die opset om ernstig te beseerDie statistieke toon aanranding (ernstig) – waar ’n voorwerp soos mes of ander wapen gebruik word – en aanranding (gewoon) is steeds ’n probleem in Atlantis. Alhoewel dié kategorieë ’n afname toon, was daar 300 voorvalle van ern­stige en 780 voorvalle vir aanranding gewoon aangemeld.

Roof en roof met verswarende omstandighede

Daar is 172 voorvalle van roof teenoor 181 vir die vorige boekjaar aangemeld. Roof met verswarende omstandighede – waar ’n wapen gebruik word – het ook ’n daling getoon, 183 voorvalle is aangemeld – agt minder as die vorige jaar.

Roof (wat nie op ’n ander plek aangedui word nie) sluit subkategorieë in wat ’n groot impak op die ekonomie kan hê, dit is onder meer diefstal van kabels, metale en ook diefstal van kleiner artikels uit huise en ondernemings – wat strek van ’n handdoek tot tuingereedskap.

In Atlantis is 1 012 van dié voorvalle aangemeld. Dit is ’n daling van 54 voorvalle.Seksuele misdrywe

Dié misdrywe toon ’n daling van 16,3%. Daar is 42 verkragtings aange­meld, agt voorvalle minder as die vorige jaar. Vir seksuele aanranding is 24 voorvalle aangemeld, ses minder as die vorige jaar. Daar is vyf voorvalle van poging tot seksuele aanranding verbaal en een fisiek aangemeld.

Huisbraak en diefstal vanuit motorvoertuie

Huisbraak en diefstal vanuit motorvoertuie het onderskeidelik met 22,4% en 14,7% gedaal. Daar is 427 voorvalle van huisbraak (123 minder as die vorige jaar) en 307 diefstal uit motorvoertuie (53 minder as die vorige jaar) aangemeld.

Dwelm-verwante misdrywe

Dié misdrywe het ’n daling van 7,3% getoon met 2 819 voorvalle wat deur die polisie ondersoek is. Dié hoë syfer dui nie noodwendig daarop dat die misdryf vererger nie, maar eerder dat dit beter gepolisieer word.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Weskus Nuus Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.