Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Ontwikkeling gaan menige help

Die beplanning om ’n plaas langs Silwerstroomstrand in ’n kusdorp te ontwikkel, is besig om momentum te kry.

Kevin Momberg, ’n voor­ma­lige raadslid in die oorgangs­raad van die eens Blaauwberg-munisipaliteit, het aan Weskus Nuus bevestig die eienaars van die plaas Spring­fontein, is besig om met al die rolspelers te ver­gader oor hul planne.

Die plaas van sowat 1 200 hek­taar is geleë tussen Silwer­stroomstrand en grens aan die Koeberg-kragstasie.

Deel van die Springfontein-ontwikkeling behels gemengde behuising, ’n hotel, winkel­sen­trum, restaurante en al die nodige geriewe wat die ontwik­keling ’n topklas-trekpleister sal maak.

Dié omgewing is ’n natuur­bewaringsgebied en dus word gereelde gesprekke tussen die eienaars en die Stad Kaapstad gevoer om ’n balans te kry vir die natuurbewaring en ekono­miese ontwikkeling.

Momberg voer ook aan dat die ontwikkeling ’n groot eko­no­miese hupstoot sal wees vir die gebied veral Atlantis, Mamre, Witsand en Pella.

“Die Springfontein-ontwik­keling kan baie van ons mense se lewens verander en die so­siale probleme aanspreek,” meen Momberg, en voeg by “die Stad is besig om die be­staande distriksplan vir Atlan­tis te hersien – wat ’n stap in die regte rigting is, want dit bepaal eintlik die ekonomiese ontwikkeling vir die gebied.”

Volgens Momberg het die eienaars onderneem om die plaaslike gemeenskap te betrek by die ontwikkeling en werksgeleenthede.

Die Atlantis-sakekamer is geïdentifiseer om ’n databasis op te stel van alle beskikbare arbeid en dienste in die gebied wat die eienaars kan gebruik om geleenthede te bied.

Volgens Michael Marote, voorsitter van die Atlantis-sakekamer gaan hulle opheffingsprojekte identifiseer en voorlê vir finansiering uit die opbrengs van die ontwikkeling vir omliggende gebiede.

“Ons is opgewonde oor dié projek wat met beide hande deur die gemeenskap aangegryp moet word,” het Marote gesê.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Kontak WeskusNuus Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.