Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Opknappings aan woonstelle vorder

Die Stad Kaapstad se burgemeesterskomiteelid vir menslike nedersetting, Malusi Booi, het Woensdag 4 Septem­ber na die vordering aan die opknappingswerk by die Dura-woonstelle kom kyk.

Volgens Booi, ’n voormalige proporsionele raadslid in wyk 32, het hy in sy tydperk hiér baie met die klagtes van inwoners van die woonstelle gewerk.

“Die rioolpype het vir baie hoofbrekens gegee aangesien mense in onderverdiepings gereeld gekla het dat woonstelle bo hulle se riool in hul huise lek as daar probleme is,” het hy gesê.

Booi voeg by: “Dit is die Stad se plig om sy huureenhede te onderhou en sodoende inwoners se veiligheid te waarborg.

“Die woonstelle met rioolpype wat binne die woonstel is en verouderde waterpype uit die Apartheidsera, word tans vervang en rioolpype word na buite geskuif,” het Booi aan Weskus Nuus verduidelik.

Hy sê voorts dat al die woonstelle in die dorp deeglik onderhou gaan word en die betontrappe, wat ook besig is om inmekaar te val, sal vervang word.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Weskus Nuus Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.