Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Ouers vra om verskoning

Omgekrapte ouers van Avondale Primêr het Dinsdag 4 Februarie die skool se hekke gesluit oor gerugte oor beweerde kindermolestering teen die waarnemende hoof. Ongeveer 30 ouers het antwoorde van die hoof geëis.

Met Weskus Nuus se besoek aan die skool het ’n klein groep ouers met die hoof vergader om antwoorde te kry. Volgens die groep het die hoof hulle verseker dat die voorval wel deur die Wes-Kaapse onderwysdepartement (WKOD) ondersoek is en daar is bevind dat dit slegs bewerings was.

Volgens Anthea Phillips, een van die ouers, is hulle bekommerd oor hul kinders se veiligheid en daarom het hulle besluit om op te tree. “Enige ouer sou optree as daar vrae is wat niemand op antwoorde kan gee nie,” het sy gesê.

Die groep het geëis dat die skoolhoof, die adjunkhoof en die beheerliggaam onmiddellik verwyder moet word. Volgens Bronagh Hammond, van die WKOD, was die seksuele aantygings teen die waarnemende hoof ondersoek en is die klagtes geskrap. Volgens ’n brief wat deur die ouers ’n dag later versprei was, is dit duidelik dat die leerder erken dat dit ’n grap was. Die leerder het na bewering die gerug versprei omdat hy kwaad vir die hoof was.

Ouers het in dié brief verskoning aan die hoof gevra dat hulle byna sy loopbaan verwoes het en vir die trauma wat hy moes verduur. Ouers het ook hul samewerking en ondersteuning aan die skool beloof en sê hulle hoop daar kan ’n goeie werksverhouding tussen al die partye wees.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak WeskusNuus Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.