Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Ouma en weermaglede vir dwelms aangekeer

Terwyl baie senior burgers hul tyd in die tuin bestee of hulself met breiwerk besig hou en met net hul skamele pensioengeld moet oorleef, het ’n 68-jarige vrou van Proteapark besluit daar is vinniger maniere om geld te maak.

Dié vrou is aangekeer nadat ’n groot hoeveelheid dwelms in haar huis gekry is.

Volgens kapt. Liza Munro, polisiewoordvoerder, het die Atlantis-misdaadvoorkomingseenheid ’n lasbrief uitgereik nadat hulle inligting ontvang het van dié ouma se bedrywighede.

“Die eenheid het Woensdag 4 November die lasbrief uitgereik en 2 220 Mandrax-tablette met ’n geskatte waarde van net meer as R100 000 in die huis gekry,” vertel Munro. Die verdagte het Donderdag 5 November in die plaaslike hof op aanklag van handeldryf met dwelms verskyn en is op borgtog van R5 000 vrygelaat. Munro het die gemeenskap bedank vir die inligting en gesê die gemeenskap se samewerking is belangrik. • Die polisie het ook in die vroeë oggendure van Vrydag 6 November vier verdagtes aangekeer met ’n groot hoeveelheid dagga.

Volgens kol. André Trout, ’n provinsiale polisiewoordvoerder, het die polisie patrolliewerk gedoen toe hulle teen 04:00 ’n militêre voertuig op die R27-Weskus-pad naby Atlantis gewaar het wat skielik versnel het toe hulle die polisie sien.

Die verdagte motor is ná ’n jaagtog van die pad gedwing en vier lede van die nasionale weermag is met die dagga in die motor aangekeer. Altesaam 31 pakkies dagga is in die mans se besit gekry. Dit het ’n straatwaarde van ongeveer R50 000. Die mans, tussen 30 en 51, het vanoggend in die Atlantis-landdroshof verskyn.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Kontak WeskusNuus Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.