Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Plaaslike inwoners kry glad nie voordeel

Die dae dat klein en medium-ondernemings (KMO’s) in Atlantis aan die agterspeen suig, is verby.

Só sê Michael Marote, voorsitter van die Atlantis-sakekamer Vrydag 14 No­vem­ber nadat ’n groep sake-eienaars opgeruk het na kontrakteurs wat tans besig is met verskeie projekte in die dorp.

Marote sê met vyf projekte wat tans in Atlantis aan die gang is en ’n geskatte waarde van byna R170 miljoen het, vind geen klein en medium-ondernemings in die dorp daarby baat nie en sê dit moet stop.

“Ons moet reeds klein ondernemings voorberei op die toekoms, maar hoe kan ons dit doen as ander ondernemings net hier instap en met miljoene uitstap,” vra hy.

Kontrakteurs wat tans betontrappe by die Edenburg-woonstelle vervang, so ook een wat sypaadjies bou, was gevra om alle werk te staak.

Lede van die sakekamer het ’n dringende vergadering met die subraad ontbied en hulle gevra om te verduidelik waarom geen plaaslike onderneming by dié projekte baatvind nie.

Volgens Marote moet 30% van die kontrakwaarde aan plaaslike ondernemings gegee word, maar daar kom elke keer dadels van.

Cynthia Clayton, subraadvoorsitter, het by die vergadering met die groep ontevredenes gesê sy sal die groep kontrakteurs om die tafel kry, maar die groep het onmiddellike aksie geëis en het gedreig om die kantoor te beset sou hulle nie bevredigende antwoorde kry nie.

Intussen het plaaslike arbeiders, wat betrokke is by die projekte, Weskus Nuus se kantoor oorval met klagtes dat hulle nou geen inkomste het nadat die kontrakteurs gestop is.

Volgens Saul Smith, sekretaris van die sakekamer, is die vergadering tussen alle rolspelers tot verdere kennisgewing uitgestel.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Weskus Nuus Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.