Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Polisiebeampte op ’n baie spesiale manier gegroet

Atlantis het Saterdag 4 Julie een van die dorp se bekendste polisiemanne gegroet.

Kapt. Kenneth Lombard (52) het Vrydagoggend (26 Julie) die stryd teen die koronavirus in Mediclinic Milnerton verloor nadat hy byna vir drie weke in die hospitaal was.

Lombard, ook ’n bekende in plaaslike sportkringe, was verbonde aan die Table View-polisiekantoor se speurtak en was voorheen bevelvoerder van die speurtak in Philadelphia.

Lombard se oorskot is deur die Destiny Riders-motorfietsklub deur die strate waar hy grootgeword het begelei en daarna na die Atlantis United-kerk in Avondale geneem, waar familie en vriende in hul hordes ’n laaste keer wou groet.

’n Atlantis-kampvegter, Covid-19-oowinnaar en ’n mediese suster, Olivia Pharo, het seker gemaak dat daar by die regulasies gehou word en slegs 50 naastes kon die diens bywoon terwyl baie mense buite na die diens oor luidsprekers geluister het.

Die emosionele diens is met ’n ere­wag deur die motorfietsryers afgesluit terwyl sy oorskot deur familie na die lykswa gedra is. Lombard is wyd en syd deur plaaslike sokkerklubs vir sy bydrae tot die sport vereer.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Kontak WeskusNuus Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.