Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Radiostasie oorkom struikelblokke

Radio Atlantis het op 1 September sy 25ste bestaansjaar gevier.

Ween die Covid-19-inperking en om finansiële redes kon dié mylpaal nie vanjaar op swierige wyse gevier word nie.

Die radiostasie het verlede maand vanaf die Fernando-gebou in Markstraat na die Atlantis-nywerheidsgebied verhuis en is nou by Neil Hareweg 86.

“Ons moes noodgedwonge ’n goedkoper kantoor kry aangesien die stasie nie meer die huur en ander bedryfskoste kon dek nie,” verduidelik die stasiebestuurder, Dean Goliath. Inwoners mor tans omdat die stasie so ver is, maar Goliath sê dit is net ’n tydelike reëling. Goliath het die stasie se skuif na die nywerheidsgebied verdedig en gesê ten spyte van versoeke vir bystand om die radiostasie te huisves het twee plaaslike sakemanne hul hulp aangebied, onder andere JP Cloete van M&B Fire Appliance waar die radiostasie nou werksaam is.

Die ander aanbod was van Abdul Tajoodien, wat ook aangebied het dat die radiostasie by sy perseel in Mamre teen geen koste gehuisves word, maar dit sou groter finansiële implikasies inhou om te trek en is die aanbod van die hand gewys.

Die radiostasie het intussen aansoek by die Stad Kaapstad gedoen om in die Thusong-sentrum gevestig te word.

“Ons ervaar baie uitdagings soos luisteraars wat sukkel om in te skakel, maar wil die gemeenskap verseker, die belange van die gemeenskap word altyd eerste gestel. Ons hoop om al die uitdagings vinnig uitsorteer te kry,” het Goliath gesê.

Die radiostasie beplan om soos die inperkingsreëls verlig word, sy verjaarsdag behoorlik te vier met verskeie inisiatiewe. Die eerste is ’n gholfdag wat vir Saterdag 24 Oktober by die Darling-gholfbaan beplan word.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Kontak WeskusNuus Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.