Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Rondloperdiere bly ’n probleem op die paaie

Rondloperdiere op die Silwerstroom-pad het weer ’n ernstige motorbotsing veroorsaak en een persoon is tans in ’n ernstige toestand in die hospitaal.

Die groep van sewe mense was op ’n daguitstappie na Grotto Bay toe hul motor met die terugkoms ’n rondloperperd getref het.

Die motor, wat etlike meters gerol het en weer op sy wiele beland het, is ’n totale wrak. Mediese personeel het op die toneel gesê dit is ’n wonder­werk dat daar nie noodlottige gevalle was of meer ernstige beserings nie.

Die perd is tydens die slag onthoof terwyl passasiers ná mediese behandeling ontslaan is.

Volgens een van die insittendes, wat nie geïdentifiseer wil word nie, het die perd net skielik in die pad verskyn en was die botsing onvermydelik.

“Die bestuurder het alles probeer en ek dink dit het ons lewe gered,” het die passasier gesê. Volgens die passasier het die motor die perd teen die kop getref anders kon die perd bo op die motor beland het wat veel erger kon wees.

Volgens kapt. Liza Munro ondersoek die polisie ’n klag van roekelose en nalatige bestuur.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Kontak WeskusNuus Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.