Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Sandmyn teengestaan

Inwoners het op sosiale media gal gebraak oor ’n moontlike sandmyn in Atlantis.

MaccSand het aansoek gedoen by die Stad Kaapstad om sy myn hiér te open nadat hy reeds deur inwoners van Belhar weggewys is. MaccSand het sy oog op die grond in Klein Dassenberg-rylaan langs die bestaande stortings­terrein.

Volgens Peter Stoffberg, voorsitter van die plaaslike jeugsakekamer, moet die aansoek ten alle koste teengestaan word omdat dit geen werkgeleenthede gaan skep vir plaaslike inwoners en veral die jeug nie.

Volgens Stoffberg is die gebied deel van Atlantis se natuurskoon omdat baie mense tans dié deel van die duine vir oefeninge gebruik en vierwiel-entoesiaste wat nie ’n permit kan bekostig nie.

Stoffberg sê ook met die sterk wind wat gereeld hier waai, kan sand en stof baie se voorland wees wat beslis ’n gesondheidsrisiko vir die inwoners gaan inhou.

Volgens Delmaine Cottle van Belhar het die gemeenskap daar besluit die groep is nie welkom nie omdat die gesondheidsrisiko te groot gaan wees. Cottle sê ook die plaaslike gemeenskap gaan nie finansieel by dié projek baatvind nie.

Plaaslike inwoners het vanaf 28 September tot 28 Oktober om hul mening oor dié aansoek te lug.

Die organisasie, Friends of the Dunes, het ook sy ongelukkigheid met die aansoek uitgespreek en sê plaaslike vierwiel-entoesiaste gaan beslis daaron­der ly. Die groep wou ook weet wat gaan van die grond word nadat dit uitgeput is.

“Ons gaan beslis die aansoek teenstaan, want dit is deel van Atlantis se natuurskoon,” het die groep laat hoor. Volgens die ANC se proporsionele raadslid, Fiona Abrahams, gaan sy ook die aansoek teenstaan omdat dit eenvou­dig nie voordelig vir die plaaslike gemeenskap is nie.

Volgens Abrahams sal die aansoek op die volgende subraadvergadering be­spreek word en wil sy ook weet waarom die gemeenskap so ’n kort kennisgewing ontvang het van die aansoek aangesien dit nêrens geadverteer is nie.

Volgens die wyksraadslid Cynthia Clayton sal die sandmyn ’n negatiewe impak op die dorp hê omdat Atlantis reeds sukkel met verstopte mangate weens die baie sand. Clayton sê voorts die feit dat geen werksgeleenthede geskep sal word nie hou dit ook te veel gesondheidsrisiko’s vir Atlantis-inwoners in en daarom kan sy dit nie ondersteun nie. Clayton het inwoners gevra om hul stem te laat hoor en moet alle besware by haar kantoor indien en nie op Facebook nie.

Volgens Rughshana Daniels van Enviro Pro Consulting, is die wyksraadslid en subraadbestuurder ook gevra om geskrewe kommentaar oor die aansoek te lewer. Volgens Daniels is die verslag by die Wesfleur-biblioteek beskikbaar vir kommentaar en kan sy gekontak word by Rughshana.Daniels@enviro-pro.info of by 074 380 7764.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Kontak WeskusNuus Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.