Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Skieter steeds agter tralies

Die konstabel wat verlede jaar in Oktober in Witsand op mense by sy vervreemde vrou se huis begin losbrand het, sukkel steeds om borgtog te kry.

Die verdagte (33) wat sy skoonsuster Nokubonga Fuba, toe 29 jaar oud, doodgeskiet en verskeie ander gewond het, het Woensdag 11 Desem­ber weer in die plaaslike hof verskyn.

Die verdagte, wat eers volgende jaar in Januarie sal hoor of hy borgtog kan kry, sal dus sy tweede Kersfees agter tralies deurbring.

Volgens ’n familielid, Simethema Dastile, het die oorledene ’n partytjie vir haar seun se verjaardag gereël toe haar suster Nontsiklelo Nkozo se vervreemde man ook dáár opgedaag het.

Dastile vertel die verdagte het die hek agter hom ge­sluit, ’n vuurwapen uitgehaal en net op mense, wat buite gesit het, begin skiet. “Almal het in die huis ge­hard­loop, maar hy het die huis skiet-skiet binne ge­gaan,” het hy vertel.

“Hy wou almal wat daar was uitwis, want hy het op almal geskiet,” meen Dastile.

Fuba het op die toneel aan haar won­de beswyk, die polisie­beampte se ver­vreemde vrou was in ’n kritieke toe­stand nadat sy in die kop gewond is. Altesaam ses mense is gewond waar­on­der ’n agtjarige maatjie van Faba se seun wat die partytjie bygewoon het.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Weskus Nuus Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.