Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Skietvoorvalle eis vier lewens

Skote klap weer op ’n gereelde basis in Atlantis en vier mense is dood en verskeie ander gewond in verskeie voorvalle.

Dallan Julius (22) is Vrydagoggend 29 Mei dood toe onbekende mans op hom en twee makkers in Knysnastraat in Uitbreiding 12 losgebrand het.

Julius het op die toneel aan sy wonde beswyk terwyl nog ’n persoon gewond is.

Die 16-jarige Garren Opperman is twee dae later in St. Antoniostraat in Saxonsea dood toe skieters uit ’n bewegende motor op hom losgebrand het. Hy het op die toneel aan sy wonde beswyk.

Die Atlantis-polisie het bevestig niemand is nog in verband met die twee voorvalle in hegtenis geneem nie.

’n Week later is nog twee mans ure na mekaar doodgeskiet.

“Die eerste voorval het net ná middernag Sondag 7 Junie plaasgevind toe ’n 34-jarige man by die Heathfield-woonstelle doodgeskiet is. Die tweede man (39) is ure later ook in St. Antoniostraat in Saxonsea doodgeskiet,” het die Atlantis-polisiewoordvoerder, kapt. Cyril Dicks, bevestig.

Drie mans het Saterdag 6 Junie by ’n woonstel in Bablers Place ingestap en op ’n 35-jarige vrou losgebrand. Sy het die aanslag oorleef nadat vyf skote afgevuur is. Die polisie het een persoon aangekeer. Die sake word ondersoek.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Kontak WeskusNuus Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.