Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Slagoffers braak gal oor man

Die 27-jarige veiligheidswag van Atlantis wat aangekla word van twee klagtes van verkraging, een van poging tot verkraging, twee ontvoerings, twee aanklagte van gewapende roof met verswarende omstandighede en twee aanrandings­klagte, is weer in die hof.

Die saak was in April voorlopig deur die landdros van die rol geskrap nadat die tolk nie teenwoordig kon wees nie.

Die twee vermeende slagoffers het destyds behoorlik gal gebraak en gesê hulle moes daagliks in “die verkragter” se gesig vaskyk omdat hulle naby mekaar woon.

Die vermeende verkragter, wat vol­gens ’n bron positief met die voorvalle verbind word, het in Junie 2018 glo ’n vroulike veiligheidswag, wat nagskof gewerk het, glo geteiken en toe verkrag.

Met die eerste voorval 26 Junie 2018 is die vroulike veiligheidswag, wat patrollie gedoen het, na bewering net ná 02:00 op die fabriek se perseel verkrag.

Dié veiligheidswag sê haar hande en voete is met haar skoenveters vasgebind waarna sy verkrag is. Die verdagte het ’n week later glo op ’n ander perseel weer toegeslaan en dieselfde modus operandi gevolg.

Die twee slagoffers, onderskeidelik toe 28 en 31, sê die verdagte het ’n masker gedra. Die verdagte wat presies ’n week later vir die derde keer sou toeslaan, was egter deur sy slagoffer verras en sy het die verdagte se masker afgepluk waarna hy op die vlug geslaan het.

Die derde slagoffer het glo die verdagte herken as die wag wat veiligheidswerk by ’n nabygeleë fabriek doen. Die saak is Woensdag 11 Desember tot Dinsdag 11 Februarie 2020 uitgestel vir ’n moontlike pleitooreenkoms.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Weskus Nuus Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.