Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Taiwanners reik na gemeenskap uit

Die Taiwanse Tzu Chi-stigting in Suid-Afrika het Sondag 19 Augustus weer die harte van plaaslike inwoners warm laat klop toe die stigting mielierys aan byna 1 000 mense oorhandig het.

Wesfleurpark was vroegoggend ’n miernes van bedrywighede soos mense probeer het om eerste in die ry te staan.

Volgens plaaslike organiseerder, Maggie Vaas, is dit die 16de jaar wat dié stig­ting kos aan die Atlantis-gemeen­skap uitdeel en het dit sedertdien tot een van die grootste voedingskemas geword. Sy sê die stigting het destyds klein begin en afhangende van die nood skenk die stigting ook komberse en ander benodigdhede aan inwoners. Omliggende gebiede soos Mamre, Pella en Witsand het ook die afgelope paar jaar deel geword. Die stigting het ook verlede jaar sowat 2 000 kospakkies oorhandig en verskaf ook kos aan plaaslike sopkombuise en kleuterskole.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Weskus Nuus Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.